Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

DEBAT:HOËRSKOOL PUNTLEERDERS DRING DEUR NA DIE FINAAL

Die volgende leerders van Hoërskool Punt het deurgedring na die finale rondte van die ATKV-debatskompetisie wat die 22 Augustus 2015 in Goudini-spa plaasvind. Hulle is aangewys as die wenners van die semi-finale rondte wat die afgelope naweek tussen die Suid-Kaap en Oos-Kaap in Port Elizabeth plaasgevind het.

HOËRSKOOL PUNTLEERDERS DRING DEUR NA DIE SEMI-FINAAL 2015

Die volgende leerders van Hoërskool Punt het deurgedring na die semi-finale rondte van die ATKV-debatskompetisie wat die 16 de Mei in Port Elizabeth plaasvind:

 

 

ATKV debat

Die volgende leerders dring deur na die semi-finale wat op 31 Mei 2014 by HS Outeniqua gehou word:

 

FOTO

AGTER:   Loumari Muller, Meagan Botha, Marina Barnard

VOOR:    Jo- Marie Rossouw, Charles Marais, Amoreen Engelbrecht

 

Rustenburg - ATKV Debatskompetisie

Megan Botha, Loumari Müller en Charles Marais het deurgedring tot die finale rondte van die ATKV-debatskompetisie wat op 16 Augustus 2014 in Rustenburg plaasvind.

Die hare het weer gewaai!

Op Woensdag 2 Maart  het 104 leerders  van Hoërskool Punt, Hoërskool Langenhoven van Riversdal   en Hoërskool Outeniqua op George  mekaar gepak in die tweede Burger PraatSaam Onvoorbereide Debatkompetisie by Hoërskool Outeniqua.
Hierdie kompetisie is vanjaar vir die tweede keer aangebied en dit het gegroei van  12  na 16 Junior en 12 na 20 Senior spanne van 3 lede elk. Entoesiasme het hoog geloop en in die gange het die opgewonde gegons die opgewondenheid van die deelnemers getoon.Baie leerders het vir die eerste keer in hulle lewe aan so ’n kompetisie deelgeneem en die reaksie was deurgaans dat die eerste debat vir hulle vreemd was, maar dat dit al hoe beter gegaan het en dat hulle nie gedink het debat kan so lekker wees nie!.  Die reaksie van deelnemers en verbygangers in die gange wasdeurgaans dat dit “cool” is.!
Om op jou voete, met oorgawe te debatteer en iemand van jou standpunt te oortuig is ’n lewensvaardigheid wat baie belangrik vir almal is.  Om dit daarmee beskaafd en beleefd te doen, is nog belangriker en daarom glo die Burger en die organiseerders dat hierdie kompetisie gekom het om te bly.
Die kompetisie is op ‘n rondomtale-wyse aangebied.Tydens die uitdunrondtes het leerders as voorsitters opgetree  en onderwysers van die onderskeie skole as beoordelaars.  Die onderskeie finale is deur onafhanklike beoordelaars hanteer.
Elke span het aan 3 debatte deelgeneem .
Punt se 5 spanne het besonder goed gevaar en meeste van hulle debatte gewen.
Die volgende spanne het aldrie hul debatte gewen :
 
Punt 2 : Yolanda Knottenbelt , Olga Sandilands , Douw Steyn
Punt 3 : Lené Coetzee, Liané Steyn, Anchen Streuders
Punt 4 : Delia Sandilands ,Jo-Ann Cloete,Tehillah Janse van Rensburg
 
PraatSaam word in samewerking met Die Burger aangebied. PraatSaam het ten doel om leerders aan te moedig is om deur die lees van koerante – veral ook die By (Bylaag van Burger op Saterdae) hulle algemene kennis uit te brei en daarna met selfvertroue hulle eie standpunte te verwoord en voor ‘n gehoor aan te bied. Die onderwerpe wat vir al die debatte gekies is, is ondersteun deur o.a. twee uitgawes van Die Burger wat aan leerders voorsien is.

PUNT SE BLITSBEKKE :
 
Agter : Marius Kuyler , Delia Sandilands, André Thyse , J.P. de Koker
 
Middel : Drikus Visagie , Jo-Ann Cloete,Olga Sandilands,Douw Steyn
 
Voor :  Tehillah Jansen van Rensburg , Lené Coetzee, Liané Steyn,
             Anchen Streuders , Yolanda Knottenbelt , Andre Rossouw
 
Inlasfoto : Danielle Knottenbelt

Debat

Ons leerders neem elke jaar aan die  landwye ATKV  Debatskompetisie deel.
Die missie en doelwit van die kompetisie is:

  • Die bevordering van gesproke Afrikaans by die skoolgaande jeug.
  • Die ontwikkeling van leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir daaglikse opoenbare debatvoering/in die samelewing plaasvind.

Om die jeug te leer om:

  • Aktueel betrokke te wees.
  • Krities te luister en te lees.
  • Inligting te versamel, te analiseer en te sintetiseer.
  • Logiese, kreatiewe denke te ontwikkel.
  • Eie menings en argumente te formuleer.
  • Met selfvertroue ander mense tot hulle standpunt oor te haal.
  • Leierseienskappe te ontwikkel.
  • Op die voete te kan dink en uit die vuis uit te kan reageer op ander persone se arguments.
  • Eties te leef.
  • Sportmangees en kompetisievaardighede te ontwikkel.