Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

HSP KOOR OOR DIE JARE

Die koor is in September 2009 gestig en het oor n tydperk van 7 jaar net van krag tot krag gegaan. Die koor spog met die volgende prestasies:


Mosselbaai Eisteddfod: 2010-2012 Goue toekenning (80-89%)
                                  2013-2015 Honneurs toekenning (90-95%)
                                  2016 Prestige toekenning (96% +)


ATKV Applous:             2015 Silwer Sertifikaat


Unisa Kooreksamen:    2015 90% en behaal ererol vir n uitmuntende prestasie

Die koor neem ook jaarliks aan verskeie koorfeeste deel en skep ook optree geleenthede binne die skool deur middel van kultuur- en musiekaande.

PUNT LEERDER LEI SUID-KAAP KINDERKOOR

Die Suid-Kaap Kinderkoor bestaan uit 110 talentvolle kinders (tussen die ouderdomme van 9 en 18) wat ‘n besondere liefde vir koorsang uitleef, en wat ons omgewing se skole verteenwoordig. Leerders vanuit die Tuinroete (George, Knysna, Oudtshoorn, Hartenbos en Mosselbaai) woon jaarliks oudisies by om gekeur te word. Die Suid-Kaap Kinderkoor is in 2012 as naaswenners in die Nasionale Animato Koorkompetisie aangewys en staan tans 2de in Suid Afrika.

Hulle repeteer elke Vrydagmiddag, sekere Saterdae, en minstens 3 dae per skoolvakansie onder die bekwame leiding van Jan-Erik Swart, en ‘n span getroue stemopleiers, bestuurslede en ouers. Hoërskool Punt is trots op Sumaré Prinsloo wat vanjaar verkies is tot Hoofdogter van die Suid-Kaap Kinderkoor.

Koor

Gemotiveerd...Deursettingsvermoë...Uithouvermoë...

Tannie Esmé en die koorlede het sedert hul debuut-opvoering in 2009 baie hard gewerk en werklik geleer wat hierdie drie waardes beteken. Daar was talle uitdagings wat oorkom moes word, van nuwe stemme ontwikkel tot nuwe liedere wat geleer moes word. Daar is tans 130 koorlede. Die harde werk en ekstra oefening sessies is besig om te wys dat dit als die moeite werd was.

Die koor het onlangs, op 3 Augustus, by die Suid-Kaap Eisteddfod opgetree en weggestap met 81% - ‘n goue!

Baie dankie aan al die koorlede en veral vir Tannie Esmé.
Ons sien uit na die opkomende Koorfees!