Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

ATKV-TIENERTONEEL 2017

Op 17 Augustus 2017 het 12 Punt-leerders na Port Elizabeth vertrek om aan die 53ste ATKV-Tienertoneel kompetisie deel te neem.  Punt moes teen baie sterk skole kompeteer en het uitstekend presteer.

Baie geluk aan Megan Botha en Marina Barnard met hul brons toekennings vir toneelspel en Me. W. Delport ontvang ook brons vir kostuum en grimering.  Me. Delport is ook die  skrywer en regisseur van die stuk KRAAI.  ( Brons medaljes: tussen 65% en 75%)

Die groep het baie goeie terugvoer van die beoordelaars, Ira Blanckenberg en Albert Maritz, ontvang.

 

Die Dramaklub is 'n plek waar leerders kan kom leer hoe om hulself uit te leef in kreatiewe en leersame aktiwiteite. Dramaklub lede word geleenthede gegeeom deel te neem aan die aktiwiteite wat gaan bestaan uit monoloë-opvoerings, gedig-dramatisering, ens. Die leerders gaan ook werk om in 2014 deel te wees van 'n groot verhoog / koor produksie.

Leerders wat wil aansluit by die Dramaklub kan meer inligting by Mnr. Rossouw kry.