Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

BROODKNIPPIES IN BOTTERBAKKIES

Broodknippies in Botterbakkies
Hoerskool Punt het hierdie jaar n kompetisie gehou om leerders aan te moedig om deel te neem aan die Munisipaliteit se Broodknippies vir Rolstoele-projek. Leerders moes n botterbakkie versier en dan hul broodknippies daarin plaas om in te skryf. Geskenkbewyse van die skool se snoepie, The Snack Box, is uitgedeel as pryse. Die wenners is as volg:
Mooiste versierde bakkie: Marijke Voigt Gr 8
Meeste broodknippies: Eileen Swanepoel Gr 8
Tweede meeste broodknippies: Danelle Human Gr 10

Op die fotos verskyn:
Me. Van Staden (HYPI-Koordineerder), Marijke Voigt (mooiste botterbakkie), Eileen Swanepoel (meeste broodknippies), Danelle Human (2de meeste broodknippies), en Monica Robertson(Broodknippie-projekleier).
Op di ander fotos is die mooiste botterbakkie.
Die derde foto is Monica Robertson en Gunther Faber by al die broodknippies wat ingesamel is

 

Gr.12 Leerders skenk hul skoolskoene

Die Gr.12 leerders het hierdie jaar weer hul skoolskoene aan Heart2heart geskenk.

Boekies vir koekies

SPCA

On 7 June 2016, SPCA Cadet Irisa Els and SPCA Volunteer Laurett Blok distributed Inja containers in the Great Brak River’s RDP community.  These containers filled with dogfood were donated by the public to the Garden Route SPCA Mossel Bay as well as collected at the SPCA foodbin at the Spar De Dekke.

It was Irisa’s first encounter in the field and she enjoyed the experience thoroughly, while applying the knowledge she received as a SPCA cadet.  While distributing the food containers, they also focussed on educating the local community about general pet care and sterilisation, which lead to a lot of applications for sterilisations of pets in the community of Wolwedans and Greenfields.  Irisa will also help with recruitment of sterilisations for August during the big Caws4Paws sterithon (and hope to get involved as a helper at Croft’s vets practice on the day of the sterithon).

They’ve also assisted in tick/flea treatment on all the dogs, deworming where needed, distributed mange-dip where needed and shared general information about the new By Law regarding sterilisation of pets. “

HYPI - Ouetehuis 2016

HYPI - SPCA

HYPI - Sonskynvallei

HYPI - Shavathon

Paaseiers by ouetehuis


HYPI het net voor die Maartvakansie die ouetehuis besoek en paaseiers en kaartjies aan die oumense uitgedeel.

HYPI 2016

‘n Groot aantal leerders het hul name opgegee om deel te wees van HYPI (Helping

Youth Progress and Interact) se gemeenskapsdiensaktiwiteite in 2016. Die volgende

projekte word beplan:

Ouetehuis: Woensdae word Onse Huis besoek deur leerders.

Sonskynvallei Nasorg: Woensdae word laerskoolleerders van Sonskynvallei gehelp met hul huiswerk by die NG  Kerk se nasorg daar.

CANSA: 27 Februarie neem ons deel aan die jaarlikse Shavathon as vrywilligers. Ons

skryf sover 2 spanne in vir die Relay for Life.

SPCA: Daar is tans bouwerk by die SPCA aan die gang wat einde Februarie voltooi

behoort te wees. Daarna gaan 6 leerders op ‘n slag elke Vrydag die SPCA besoek.

Op 13 Februarie is daar ‘n byeenkoms in die Diazmuseum se graanskuur waar die

SPCA Cadets van 2015 wat die program voltooi het hul balkies gaan ontvang. Dis

Sharlene Bouwer, Shané de Bruyn, Dené Strauss, Shania Fincham, Andries van der

Westhuizen, Abigail Botes en Irisa Els. Nuwe cadets sal ook by hierdie geleentheid

gewerf word.

Broodknippies: Ons samel steeds broodknippies in vir die munisipaliteit se broodknippies vir rolstoele projek.

Die volgende nuwe projek word beplan:

Boekies vir koekies: Leerders skenk hul ou leesboeke aan die skool en ontvang vir elke 10 boeke wat hul skenk ‘n kolwyntjie as beloning. Die boeke word dan geskenk aan Sonskynvallei Nasorg en die Ouetehuis.

Die HYPI-komitee vir 2016 is:

Loumari Muller (Voorsitter en Boekies vir Koekies), Anke Badenhorst

(Ondervoorsitter en Boekies vir koekies), Alexandra Combrinck (Sekretaresse en

CANSA Shavathon en Relay), Andries van der Westhuizen (Sekretaris en SPCA),

Shania Fincham (SPCA), Renata Booyens (Broodknippies), Cybill Robertson

(Sonskynvallei), Mariska Marais (Broodknippies), Cara Potgieter (CANSA Relay),

Minette van Zyl (Sonskynvallei), Louis Nel (Ouetehuis), Amber Henegan (Ouetehuis)

en Sumari Faul (CANSA Relay for Life).

HYPI MAAK VERSKIL IN GEMEENSKAP

Hoërskool Punt se HYPI-organisasie (Helping Youth Progress and Interact) is hard aan die werk om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak. Lede besoek weekliks die ouetehuis en SPCA, help leerders met hul huiswerk by Sonskynvallei se nasorg en het ook gewerk as CANSA-vrywilligers by die Shavathon. Daar word tans broodknippies ingesamel vir die munisipaliteit se “Broodknippies vir Rolstoele” projek en tweedehandse klere vir meisies vir die “Keep a Girl in School” projek. Enige bydraes vir hierdie projekte kan in die skool se voorportaal in die houers daarvoor geplaas word. Op die foto verskyn me. Van Staden (HYPI-koördineerder) saam met die komitee vir 2014. Hul is (v.l.n.r.) Chané van der Westhuizen (Voorsitter), Mariska Marais, Cybill Robertson, Anké van Zyl (O/Voorsitter), Renata Booyens, Louis Nel, Amber Henegan en Julia Stander. (Afwesig: Shania Fincham)

Broodknippieprojek

Raak betrokke by HYPI

Die komitee vir 2013 is: Robyn Collins (Voorsitter en SPCA), Suené Nel (Ondervoorsitter en CANSA), Delia Sandilands (Sekretaresse en Sonskynvallei), Jo-Ann Cloete (Sekretaresse en CANSA), Riandi Vermeulen (Sonskynvallei), Clarissa Hough (Sonskynvallei), Chané van der Westhuizen (SPCA), Amber Henegan (Ouetehuis), Louis Nel (Ouetehuis), Carmen Barnard (Garden Route Primary) en Tehillah Janse van Rensburg (Media).

Kontak vir Me. Van Staden by die skool of anmarievs@gmail.com as u wil betrokke raak by enige van hierdie projekte.


HYPI MAAK VERSKIL IN GEMEENSKAP

HYPI MAAK VERSKIL IN GEMEENSKAP

Hoërskool Punt se HYPI-organisasie (Helping Youth Progress and Interact) is hard aan die werk om ‘n verskil in hul gemeenskap te maak. Lede besoek weekliks die ouetehuis en SPCA, help leerders met hul huiswerk by Sonskynvallei se nasorg en het ook gewerk as CANSA-vrywilligers by die Shavathon. Daar word tans broodknippies ingesamel vir die munisipaliteit se "Broodknippies vir Rolstoele" projek en tweedehandse klere vir meisies vir die "Keep a Girl in School" projek. Enige bydraes vir hierdie projekte kan in die skool se voorportaal in die houers daarvoor geplaas word. Op die foto verskyn me. Van Staden (HYPI-koördineerder) saam met die komitee vir 2014. Hul is (v.l.n.r.) Chané van der Westhuizen (Voorsitter), Mariska Marais, Cybill Robertson, Anké van Zyl (O/Voorsitter), Renata Booyens, Louis Nel, Amber Henegan en Julia Stander. (Afwesig: Shania Fincham)

PUNT GEMEENSKAPSDIENS HOU INTEGRASIEDAG

'n Groepie leerders van Helping Youth Progress and Interact (HYPI), Hoërskool Punt se gemeenskapsdiensorganisasie, besoek elke Woensdag Ons Huis om saam met die oumense te kuier. Vir die leerders is dit hartseer dat baie van die inwoners nie gereeld deur hul familie besoek word nie. Hul probeer hierdie gemis minder maak en geniet dit om met die oumense te gesels en te luister na stories oor toe hulle jonk was. Op Woensdag 31 Julie het hulle 'n integrasiedag gehou waar die oumense hul leer brei het. Selfs 'n seun het leer brei! Die leerders sien uit na hul volgende besoek. Hul wil graag soms geskenkies of eetgoed vir die oumense gee, en enige iemand wat belangstel om te help met borgskappe wat dit betref, kan me Van Staden kontak by Hoërskool Punt.

HYPI (Helping Youth Progress And Interact)

HYPI is Hoërskool Punt se gemeenskapsdiensorganisasie. Dit bestaan uit ‘n komitee wat jaarliks uit die leerders gekies word, asook verskeie lede uit alle grade. HYPI het ‘n verskeidenheid projekte waarby ons elke jaar betrokke is, maar doen soms ook insamelings op ‘n eenmalige basis vir spesifieke organisasies.

Projects we will be involved in, in 2013:

  • Visits to the Old Age Home on Wednesday afternoons.
  • Help learners from Sonskynvallei with their homework on Wednesday afternoons.
  • Walk the dogs and play with the cats at the SPCA on Mondays and Fridays, and assist with fundraisers at the Diaz Festival and Sports Festival.
  • Help with dance classes at Garden Route Primary’s Aftercare on Thursday afternoons.
  • Participate in CANSA Relay for Life on a yearly basis and do several fundraising projects for this.

HYPI Helping Youth Progress and Interact

HYPI is an active and productive community service group consisting of Point High learners. Each committee member is in charge of a project, for which he/she takes full responsibility. During the first two terms HYPI was involved in a total of 6 successful ongoing projects.

 

Projects included:

SPCA:

Every Monday and Friday 6 pupils participate in walking the dogs and playing with the cats at the SPCA. This is a very successful project.

 

Old Age Home:

Every Wednesday learners visit the “Onse Huis” old age home. Activities range from reading the senior citizens Bible verses, to sing-along’s and even handing out special Easter cards. This project teaches learners how to respect elders

 

Sonskynvallei Homework Project:

Every Wednesday pupils help learners from Sonskynvallei with their homework. This project is done in partnership with the Dutch Reformed Church in Hartenbos. Learners participating in this project have learnt to be more grateful for what they have.

 

Harbour Cats:

HYPI- learners successfully collected cat food for the harbour cat organisation.

 

CANSA:

Fundraising for the yearly participation in the CANSA Relay for Life has already started with Ice Cream sales and a “tuck- shop” at various school functions. This is HYPI’s largest project for the year.

 

HYPI takes hard work and dedication. Any person or organisation who wants to provide sponsorships or donations in the form of old stationery or magazines, cat/ dog food or money can contact Ms van Staden at Point High School.

Broodknippieprojek

Ons het 7799 broodknippies sover ingesamel vir die munisipaliteit se "Broodknippies vir rolstoele" projek, maar benodig nog baie meer, so ouers en leerders moet asb voortgaan om die projek te ondersteun. By die broodknippies op die foto verskyn Cybill Robertson, Mariska Marais en Renata Booyens, wat verantwoordelik is vir die projek.