Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

METROPOLITAN 2017

METROPOLITAN 2017

Vanjaar se Punt "Metropolitan" was weereens n groot sukses met jong dames (gorries) wat met uitheemse "Met-kopstukke", en die jong manne met spogperde, gepronk het.  Daar was iets van alles, onder uit die see tot op ‘n rotstuin!  Die dogters was baie oorspronklik en dit was, soos elke jaar, ‘n fees om al die kunswerke te aanskou.

Die seuns moes weer hul verbeelding gebruik om n oorspronklike "wenperd" te maak.  n Sokkie op die een hand was hierdie jaar een van die gunstelinge en baie oorspronklik.  Ons het ook ‘n paar kleurvolle perde gehad wat die aandag getrek het.

Sommige van die hooftooisels en renperde moes ure se werk gekos het, en ek is seker ma en pa se hulp was ook nodig.

Die idee agter die "Met" is dat al die gr 8-dogters n hoed moet ontwerp en die seuns n perd.  Die meisies moet dan voor die skool se leerder, personeel en graad 8-ouers paradeer sodat n wenner gekies kan word.  Die gr 8-seuns moes op hul beurt, perd in die hand,  aan n hindernis wedloop deelneem.  Die res van die skool het die manne luidkeels aangemoedig.

Na afloop van die "gepronkery" kon die matrieks vir hulself n perd of n hoed kies. Die dames het dan self die loopplank met die hoed van hul keuse bestyg en die manne het die hindernisbaan met hul keuse van n "wenperd" aangedurf.

Die graad 12-leerders het hulself vir die dag in "Metropolitan-skeppings" uitgerus en hulle het pragtig gelyk.  Daar was nou wel ‘n paar baie seer voete teen die einde van die dag, maar soos hulle sê, liewers dood as uit die mode!

Baie dankie aan al ons personeel wat so n dag moontlik maak. 

 

 

 

 

 

 

 

METROPOLITAN 2016

 

Vrydag, 29 Januarie 2016 het Hoërskool Punt, die tradisie van die jaarlikse Metropolitan in die Baai voortgesit. Die graad 8 seuns het hulle goed van hulle taak gekwyt deur ‘n perde-handpop te maak en die meisies het kreatiewe hoede ontwerp.  Op die hittige somersdag het die Gorries gesorg vir genoeg vermaak. Die matrieks, geklee in dasse en hoë hakke, het gees gegee aan die dag.

Wenners van die meisies: Eerste plek is dit Nadine Barnard (middel) , tweede plek Amber Zeelie (regs) en derde plek Liza Coetzee (links).

Wenners van die seuns: Eerste plek is dit Fraquim Matrass, tweede plek Darryn Prinsloo en derde plek Reece Innes..

 

 

METROPOLITAN 2016