Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

ATKV-Afrikaans Huistaal Olimpiade

Elke jaar neem 'n aantal van Punt se leerders deel aan die olimpiade.
Die leerders presteer goed en van die leerders is ook onder die top twintig leerders in die Wes-Kaap. Vanjaar se Olimpiade vind op 15 April plaas.

ATKV-Addisionele Taal Olimpiade

Onder die Addisionele Taalleerders is daar ook 'n groot belangstelling om deel te neem.  Verskeie leerders behaal 'n gemiddeld van 80% en hoër en is ook onder die top tien leerders in die Wes-Kaap.

ATKV-Redenaars

Daar is ook 'n lewendige belangstelling onder leerders om aan die redenaarskompetisie deel te neem.  Verskeie leerders dring na die volgende rondte deur.

ATKV-Jeugberaad

Die afgelope twee jaar het leerders  aan die Jeugberaad in Hartenbos deelgeneem.  Dit bied aan leerders die geleentheid om hulle potensiële leierskapseienskappe suskesvol te ontwikkel en as waardige leiers in die skool op te tree.

WÍreldkennis-olimpiade

Gedurende Mei het 22 senior leerders aan die Wêreldkennis-olimpiade wat deur die Universiteit  van O.V.S.aandebied word,  deelgeneem en besonder goed presteer.

Twee leerders het goud, 4 silwer en 8 brons medaljes ontvang.

Ons wil veral vir JJ Prinsloo en Johan Muller geluk wens met hul puik prestasies deur goue medaljes te verower.