Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

SUID-KAAP O/19 GHOLF

Ulrich Steinhobel is in die o/19B-gholfspan, wat vanaf 30 September tot 3 Oktober in George, aan die o/19 Heptangular-Toernooi gaan deelneem, ingesluit.   Die toernooi word by die Kingswood Gholfbaan aangebied.
Ulrich se pa, Mnr Gustav Steinhobel, personeellid van Hoerskool Punt, is as spanbestuurder van die o/19B-span aangewys.  Mnr Stephen Murray is die spanbestuurder van die o/19A-span.
Aangeheg  foto van Mnr. Gustav Steinhobel en sy seun Ulrich. 

SUID-KAAP GHOLF

Baie geluk aan Ulrich Steinhobel wat in die Suid-Kaap o/19B-gholfspan, wat gedurende September 2017 aan n toernooi deelneem, ingesluit is.

INTERSTREEK GHOLF : 1 SEPTEMBER 2017

Drie van Punt se gholfspelers was deel van die Langeberg-streek gholfspan wat op Vrydag, 1 September, op George aan die Interstreek-kompetisie deelgeneem het. Die kompetisie word jaarliks tussen Langeberg-streek, Oudtshoorn/Karoo en George-streek beslis. Die George-streek het nie n span gestuur nie en toe was dit n tweestryd tussen  Langeberg en die Karooboere. Langeberg tree met 93 punte teenoor die70 van die Karooboere as wenners uit die stryd.
Ulrich Steinhobel, met 26 punte, was die beste speler in die Langeberg span.  (FOTO AANGEHEG) 

INTERSKOLE 2017

INTERSKOLE:
Op Vrydag, 18 Augustus speel Punt op n klipharde baan op Oudtshoorn teen Langenhoven Gimnasium.  Die wentellings is aangeteken deur:
Ian Pauch 22 punte
Wouter Dercksen 20 punte
Malcolm Hamilton 19 punte
Divan Oosthuizen 18 punte
Punt wen die interskole met 79 punte teenoor Langenhoven Gimnasium se 71 punte.

Foto vlnr:
Wouter Dercksen, Ulrich Steinhobel, Michelle Muller, Ian Pautz, Divan Oosthuizen en Malcolm Hamilton

2017 LIGA

GHOLF -LIGA:
Op Maandag, 14 Augustus 2017 het Punt se gholfspan in n ligawedstryd tuis gespeel.  Die wentellings is deur die volgende leerders aangeteken:
Ulrich Steinhobel 25 punte
Ian Pauch 24 punte
Maurice Bernardo 23 punte
Michelle Muller 22 punte
Punt wen met 5 punte met Oakdale 2de en Langenhoven 3de

JUNIOR ORDER OF MERIT: 2017

JUNIOR ORDER OF MERIT:  Plettenbergbaai
Ulrich Steinhobel behaal n derdeplek.

Suid Kaap o/15 Fish River Sun gholftoernooi

Die Suid Kaap-span verower 2de plek uit 8 provinsies met Jordan Duminy 1ste plek van Suid Kaap en Ulrich Steinhobel 9de plek uit 54 spelers van al die provinsies. Die span wen 2 en 1 teen WP en 4 en 3 teen Boland en All Sqaure teen WP.  In die 2de rondte Speel Ulrich Steinhobel van Punt  goed met 4 onder baansyfer na 7 toe die reen begin uitsak.  Hy wen Boland 4 en 3 en all square teen WP.
Die Suid-Kaap provinsie wen die Triangular tournament vs Wp en Boland!

Boland vs WP vs SC Triangular: 26 28 May 2017

Ulrich Steinhobel is included in the Southern Cape u/15 team to represent the province at the Triangular which will be played at the Kingswood Golf Estate.

2017 SOUTHERN CAPE TEAM

Congratulations to Ulrich Steinhobel with his selection to represent Southern Cape, in the u15 age group, at the Fish River Invitational golf tournament. This tournament will take place from 18 - 20 March 2017 at Fish River.His father, Mr Gustav Steinhobel (staff member) will be the manager of this team. 

Datumlys / Fixtures

18 April Riversdal

9 Mei Mosselbaai

23 Mei Stilbaai

1 Augustus Riversdal

15 Augustus Mosselbaai

26 Augustus Interstreek Kingswood

24 Oktober Albertinia

23 Januarie 2017 Mosselbaai

SWD SKOLE GHOLF

Op Vrydag 8 April het Punt se gholfspan deelgeneem aan die SWD skole gholf finaal te Kingswood gholfklub in George. Die speeltoestande was baie goed met byna geen wind nie.

Punt eindig 3de in die spankompetisie. In die individuele kompetisie het ons spelers goed gevaar.

Michelle Müller wen die meisies O/17 bruto en netto kampioenskap. 
Mujahid Jacobs wen die seuns O/15 netto kampioenskap.
Henko Snyman wen die seuns O/19 netto kampioenskap.

Baie geluk aan die spelers en voorspoed vir die nuwe seisoen wat op 8 April op Riversdal begin.