Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

SWD-PROEWE

Die volgende Punt-krieketspelers is deur na die 2017 SWD-krieketproewe:Estiaan Hobbs, Jan-Hendrik Marx, Reece Taljaard en Luan Els.

Foto:  vlnr:  Luan Els, Jan-Hendrik Marx,  Reece Taljaard en Estiaan Hobbs. 

2017 OEFENTYE VIR KWARTAAL 3 EN 4

Eerste krieketspan boul tweede groot naam om!

Die afgelope naweek het Punt se Eerste krieketspan teen Oakdale van Riversdal kragte gemeet. Punt het eerste gekolf en teen n baie sterk boulaanval bloed gesweet om 75 lopies in 24 beurte bymekaar te maak. Ons boulers was reg vir aksie en het Oakdale verwoes met puik boulwerk van Alex Nel wat 4 paaltjies, Darryn Fry wat 3 en JD Bester wat 2 laat spat het! Oakdale kon net 62 lopies aanteken! Geluk manne!!! Trots op julle!

PUNT vs LANGEHOVEN GIMNASIUM

PUNT T20-SPAN VS LANGENHOVEN GIMNASIUM: Maandag 6 Februarie 2017

Punt wen die uitspeel wedstryd met 64 lopies nadat Langenhoven slegs 57 lopies kon aanteken.

PUNT vs YORK

1STE SPAN VS YORK OP SATERDAG 4 FEBRUARIE 2017:York wen die loot en besluit om 1ste te kolf.  Hulle teken 208 lopies in 47 beurte aan.  Beste met die bal is Marco Coetzee met 5/28.  Punt gaan kolf en teken 150 lopies aan in 20 beurte.  Jan-Hendrik Marx 45, ST Schoeman 46 en Luan Els 42. Die reen het toe die wedstryd bietjie geknyp en Punt wen volgens die Duckworth-Lewis stelsel.  

Foto:

agter vlnr: Luan Els, Charl Burger, Franco Kruger, ST Schoeman, Marco Coetzee, Reece Taljaard, Ian Visser, Estiaan Hobbs, Mnr Dewald de Lange
Voor vlnr: Lwazi Mpato, Jan-Hendrik Marx en Luyanda Mketshane 

JAN HENDRIK MARX

Jan Hendrik Marx het die afgelope krieketseisoen die lopies laat inrol met sy uitstekende kolfwerk. Hy het reeds in graad 9 vir die skool se eerstespan begin speel en laat sommige van die ou manne kwaai les opse.  Jan Hendrik het Woensdag 1 Februarie 2017 weer n uitstekende beurt van 50 lopies teen Hoerskool Oudtshoorn in die T20 kompetisie aangeteken.

2017 o/15B vs York

Punt se o/15B het op 24 Januarie 2017 in hul eerste wedstryd teen York te staan gekom.  York kolf eerste en deur uitmuntende boulwerk verloor hul al hul paaltjies met slegs 33 lopies.  Punt wen baie gemaklik en verloor slegs 2 van hul paaltjies.  

Gerhard Vosloo het 16 lopies aangeteken.  Heinrich Kamineth neem 3 paaltjies in  4 beurte en staan slegs 4 lopies af.

 

Summer sun and awesome cricket

Point High School learners in action on the cricket fields.


St Schoeman turning the just like he can.

Mr Reliable Alex Nel

Four more runs towards that 100

Alex Nel op sy beste

Ons eie Morne Morkel, Marko Coetzee

0/15A Krieket span 2015

Great shot

BOYS we will fight to the end.

JP Delport beskerm sy penne.

ST klap nog een grens toe

Nou toer ons lekker Johnny Slabs

Swem Jannie swem Jannie

Spiertiere op toer

Joshua Losper joining the view.

Lekker op die bus

Yis meneer dis die grootste boom ooit

Goeie tye saam met lekker manne

Joshua Losper joining the view.

WEDSTRYDE vs LANGENHOVEN GIM

Die naweek het die Eerste span vertrek na ’n bitter warm Oudtshoorn waar die kwik by 470 gedraai het om teen Langenhoven Gim te speel.

Ons het eerste gekolf en ’n goeie 130 lopies aangeteken met Darren Fry wat voor gelei het en ’n goeie beurt van 29 van 32 balle deur nuweling Kobus Smit.

Uitstekende boulwerk deur Marko Coetzee van 7 beurte vir 13 lopies en 2 paaltjies het gesorg dat Langenhoven onderdruk was met 84 vir 6. Ongelukkig verloor ons die wedstryd met 4 paaltjies.

Ons nooi alle speler uit om oefeninge die week te kom bywoon Dinsdae en Donderdae. Die naweek speel beide spanne teen Oakhill van Knysna.

Verlede week Donderdag het ons Eerste span Oakhill Privaat skool gepak in die semi-finale van die SWD Coca-Cola T20 toernooi. Punt het die loot gewen het uitstekend begin deur vinnig van hul twee gevaar manne ontslae te raak. Ongelukkig het ons veldwerk ons plek-plek bietjie in die steek gelaat. Oakhill teken 98/10 aan.
Ons begin goed met ’n puik lopies tempo maar verloor net te gereeld paaltjies. Ons word uitgeboul vir 55 lopies 43 lopies kort van die totaal. Baie geluk aan Oakhill.

Die naweek het slegs die 0/15’s gespeel. Hul het eerste gekolf teen Glenwood House hier in Mosselbaai. ’n Uitstekende beurt deur Jan-Hendrik Marx van 96 en puik ondersteuning deur sy mede spelers stuur ons tot ’n totaal van 252 lopies. Dit was van die begin af net te veel vir Glenwood wat uitgeboender is vir slegs 62 lopies.

Baie geluk aan die seuns ons is trots op elkeen van julle! Die week speel ons Donderdag en Vrydag wedstryde teen onderskeidelik Framesby van Port Elizabeth en Boland Landbou uit die Kaap. Kom ondersteun ons gerus. Die eerste span speel beide aande dag/aand wedstryde. Kom geniet die krieket en braai ’n worsie.

HoŽrskool Punt Krieket

“Cricket was my reason for living” – Harold Larwood

Dis sekerlik die beste beskrywing van krieket by Hoërskool Punt. Die afgelope paar jaar het ons regtig ons hand opgesteek en ons stem dik gemaak as ‘n skool om mee rekenskap gehou te word in die SWD. Met uitstekende fasiliteite en entoesiastiese afrigtings-personeel het u kind die geleentheid om homself te kan uitleef op die speelveld.

Ons het tans vyf spanne wat aktief deel neem aan verskillende liga’s op ‘n weeklikse basis.

 

  1. 0/19A – Superliga
  2. 0/19B – Weekliga
  3. 0/15A – Superliga
  4. 0/15B – Weekliga
  5. 0/15C – Weekliga

Die skool spog met netjiese en goed toegeruste oefen-nette wat tans onder opgradering en konstruksie is. Ons maak ook gebruik van die dorp se fasiliteite in samewerking met Mosselbaai Krieket Klub en spog met van die mooiste krieketvelde in die Suid-Kaap. Die skool beskik ook genoeg toerusting vir gebruik deur leerders en daarom word leerlinge aangemoedig om deel te neem al het hy nie sy eie toerusting nie.

In kort gee ons alle leerders die geleentheid om deel te neem aan die sport krieket of jy dit op ‘n sosiale of mededingende vlak speel. Sport speel ‘n onsaglike groot rol in die ontwikkeling van ‘n kind en daarom behoort enige kind die geleentheid te hê om te kan deelneem

Visse slyp hul tande vir nuwe seisoen..

Dis alweer daardie tyd van die jaar met die somer om die draai om die krieketskoene te gaan afstof en jouself reg te maak vir baie aksie.

Ons Eerste XI en 0/15 groep oefen al reeds hard vanaf die begin van die kwartaal en die seuns is baie opgewonde oor wat voorlê. Die liga begin reeds die naweek van die 12de September en die Eerste XI vertrek die week daarop per trein met 'n toer na die binneland. Die 0/15 A span is ook weer hierdie jaar deel van die PW Botha krieketfees gedurende die langnaweek in September.

Ons is ook baie opgewonde oor die betrokkenheid van Mnr Heinz Kruger as professionele VLAK 2 afrigter by beide hierdie spanne.

Ons nooi graag almal uit om ons hierdie seisoen bietjie te kom ondersteun. Laai gerus al ons wedstrydbepalings af op ons krieketblad.

Krieket Groete

Punt Eerste XI toer na Laeveld

Punt se Eerste XI het Vrydag 18 September vertrek na die Laeveld per trein waar hulle bietjie die wêreld gaan verken en 'n paar wedstryde gaan speel. Hul sal Saterdag die 26ste September weer terug wees by die huis. Ons bedank Mnr. Jannie Slabber (afrigter) en Mnr. Turbo Marx (organiseerder) wat die seuns vergesel.

 

Links voor:

 

Francu Kruger, JD Bester, Heinz Kruger (coach), Darren Fry (kaptein), Andre Kruger

 

Links agter:

 

Ockert Fourie, Wayne Cameron, Louise Hough, Marco Coetzee, Nathan Scott, Joshua Losper, Calvin Bezuidenhout, Niel Ellis, Alex Nel, ST Schoeman

 

KFC PUNT Krieketfees

PUNT het sy nuwe krieketseisoen Saterdag 19 September afgeskop. Al ons wedstryde is beskikbaar op die skool se webtuiste. Kom geniet ook die KFC PUNT Krieketfees gedurende die vakansie op verskeie velde oor die Suid-Kaap. Vir enige verdere inligting rakend die fees kontak gerus puntkrieketfees@gmail.com

 

 

Links voor:

 

JP Delport, Heinrich Alberts, Ian Visser, Heinz Kruger (coach), Jan-Hendrik Marx (kaptein),

 

Links agter:

 

Adriane Golden, Christiaan Ellis, Timon Berrington, Estiaan Hobbs, Jayme Heynes, Lwazi Mpato, Charl Burger

 

0/15 Cricket na Semi-finaal

Baie geluk aan Punt se 0/15A krieket span wat deurgedring het tot die semi-finale van die SWD Superliga krieket. Die semi-finaal sal die naweek gespeel word teen Langenhoven Gim in Oudtshoorn. Ons wens die spelers alle sterkte toe en hoop hulle kan die beker huistoe bring.

Tweede XI wen eerste wedstryd van die jaar...

Tweede krieket span het Dinsdag, 10 Februarie 2015, teen York High op George se tweede span gaan speel. Punt kolf eerste en teken 74 lopies aan in hulle toegelate 15 beurte met Gerrit Smit wat 3 sesse van die laaste drie balle gemoker het.

Uitstekende boulwerk deur Marko Coetzee en Franco Kruger sorg dat York slegs 68 kan aanteken.

Punt wen die wedstryd met 6 lopies.

Baie geluk seuns.

Punt se 0/15A krieketspan

Punt se 0/15A krieketspan het die naweek hul seisoen op ‘n hoë noot afgeskop met ‘n 5 paaltjie oorwinning teen Oudtshoorn Hoërskool. Marco Coetzee en Reegan Dehning beide met 3 paaltjies het gehelp om Oudtshoorn te beperk tot 102 lopies. Uitstekende kolfwerk deur Alex Nel 55 nie uit nie het Punt die momentum gegee om in die 28ste beurt die wen lopies te slaan. Baie dankie aan elke ouer en ondersteuner. Ons sien baie uit na die seisoen wat voorlê!

 

PUNT 0/15A klop Sentraal gemaklik

Hoërskool Punt se 0/15A span het hulle goeie vorm voortgesit die naweek deur Sentraal Hoërskool gemaklik met 6 paaltjies te klop!

 

Baie geluk seuns

PUNT se Eerste krieketspan laat Kwaggas stof byt

Die afgelope naweek het SWD se skole krieketseisoen afgeskop met PUNT wat kragte moes meet teen Outeniqua se Eerste krieketspan. Punt wen die loot en besluit om eerste te kolf. Uitstekende kolfwerk en baie geduld laat Darryn Fry en ST Schoeman toe om n eerste vernootskap van 80 lopies aan te teken. Van daar het elke kolwer sy deel bygedra met nuweling Reece Taljaard wat uitblink met n vinnge 21 lopies. Punt teken 192/8 in 50 beurte aan.

JD Bester en Marco Coetzee wat beide spog met n lopie tempo van onder 2 per beurt het die Kwaggas vasgepen agter die paaltjies. Dit saam met puik veldwerk was net te veel vir die manne van George en die paaltjies het al hoe vinniger begin val. Outeniqua teken 111/10 aan.

PUNT WEN MET 81 lopies! Baie geluk manne! Trots op julle!