Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

SWELLENDAM-AFLOSBYEENKOMS

Op Vrydag, 8 September 2017 het 25 van HSP se lang- en kortafstand atlete vertrek om aan die jaarlikse Swellendam-aflosbyeenkoms deel te neem. Die byeenkoms het goeie kompetisie opgelewer.
Die volgende atlete het deelgeneem:Sarah Botha; Lereen Mostert; Jayde Hermanus; Shaleen Mostert; Kyall Baartman; Danic Berry; Stefan Coetzer; Ethan Harris, Abigail Figland; Courtney Williams; Elize-Mari Beck; Carmel Treurnicht; Callie Schutte; Jay-dee van Reenen; Liam Kannemeyer; Sthembiso Dhlamini; Danie van Langelaar; Andrea Kommer; Leandie Engelbrecht; Victor Barnard; Sharl Oosthuizen; Will Manuel; Rowan Jaftha en Jonique Erasmus.Ons wens hierdie leerders baie geluk.
Verder  spog Punt ook met ‘n baie suksesvolle Atletiekuitdunne-week.  Atlete het die geleentheid gekry om gedurende die uitdunne aan al die items deel te neem, om sodoende te bepaal watter atlete vir die res van die  2017-seisoen, dopgehou moet word. Baie goeie resultate is behaal en ons sien daarna uit om te sien waartoe hierdie atlete in staat is. Ons atlete is hard aan die oefen vir ons jaarlikse Madibaz Bestmed Top 10 byeenkoms, aangebied deur HSP, wat  op die 30ste September plaasvind. Ons verwag ongeveer  450 atlete van regoor die land.  Die skole wat deelneem, sluit in:Framesby; Paul Roos; Daniel Pienaar; Park;  Swellendam; Worcester Primer; Nico Malan;  Hopetown; Outeniqua; Boland Landbou; York High; Bredasdorp; Oudtshoorn; Prieska;Kempton Park;  Brackenfell; Curro Mosselbaail... en vele meer!
Baie dankie aan elke atleet en beampte wat tydens hierdie uitdunne en aflosbyeenkoms hul beste gelewer het.Chris Rossouw  (Atletiekorganiseerder) 

POINT ATHLETICS 2017

WINTERLIGA 2017

Die volgende atlete het die afgelope kwartaal aan die Winterliga deelgeneem en uitstekend presteer! Ons se baie dankie en is trots op ons toegewyde leerders, wat hul beste vir Hoerskool Punt lewer.  Ons hou hierdie atlete dop  in die toekomstige Winterliga-byeenkomste.

The following athletes participated in the Winter league and performed excellently! We are very proud of them and would like to thank these dedicated learners who give their all for Point High School. We look forward to see how these athletes excel in the upcoming Winter league.

Agter: Liam Kannemeyer, Abigail Figland, Janno Vermeulen, Dillian Crouse, Lereen Mostert, Sarah Botha

3de: Megan Arendse, Callie Schutte, Shaleen Mostert

2de: Sanique du Plessis, Mathew van Tonder, Louw Pienaar, Zure Vermeulen

Voor: Andrea Kommer, Jonique Erasmus, Jay-Dee van Reenen,

 

Die volgende leerders was nie beskikbaar vir die foto nie:

Victor Barnard, Simon Terry, Bianca Basson,  Mitchell Vister, , Marianca Feldman, Tereza Heckroodt, Stefan Schoeman, Keenen Tereblanche, Ben Lampbrecht, Sherno Pick, Renaldo Adams.

SHERNO PICK

Sherno Pick won a bronze medal in High Jump at the 2017 SA Schools Athletics meeting in Durban this past holliday.  At the 2017 SA Youth Athletics meeting, held at Greenpoint in Cape Town, also during the holliday,  he won a silwer medal in high jump, at a height of 2 metres.

2017 SA SKOLE ATLETIEKBYEENKOMS

Andrea Kommer behaal n 5de plek in driesprong (dogters o/17)  tydens die 2017 SA Skole Atletiekbyeenkoms in Durban.

WESKAAP ATLETIEKSPAN

PUNT ATLETIEK: Baie geluk aan Andrea Kommer en Sherno Pick wat die afgelope naweek, tydens die WESKAAP Atletiekbyeenkoms in Paarl, gekwalifiseer het om aan die SA Kampioenskappe deel te neem. Hierdie atlete vertrek Dinsdag na Durban vir hierdie byeenkoms.

Baie geluk Andrea en Sherno!! Hou Punt se naam hoog

 


ANDREA KOMMER

SHERNO PICK

ASWD-ATLETE

Marianca Feldtmann was afwesig toe die foto geneem is.

ASWD-ATLETE

Die volgende Punt-atlete is in die ASWD-span (Atletiek Suid-Westelike Distrikte) ingesluit: Ladele Leonard (hammergooi), Liandre Schoeman (hammergooi), Elne Conradie (800m), Andrea Kommer (verspring en driesprong), Sherno Pick (hoogspring), Marianca Feldtmann (hammergooi), Ingelin Kuhn (5000m stap) en Joshua Hermanus (110m hekkies en 400m hekkies).

Hierdie span sal van 6 - 8 April 2017 aan die ASA Jeug & Junior Kampioenskappe op Groenpunt deelneem.

Foto:

Agter: Joshua Hermanus, Liandre Schoeman, Sherno Pick
Middel: Andrea Kommer, Ladele Leonard, Elne Conradie
Voor: Ingelin Kuhn
Afwesig:  Marianca Feldtmann 

 

 

2017 SWD ATLETE

Ons 2017 SWD atlete is:
Wian Auret (stap), Josua Bernardo (diskus en spies), Austin Brown (verspring), Christopher Conradie (gewigstoot), Aronne Erasmus (300m hekkies), Michael Frost (diskus), Joshua Hermanus (110m hekkies en 400m hekkies), Sherno Pick (hoogspring en driesprong), Girard September (100m hekkies), Craig Streuderst (800m), Brintley Theys (100m en 200m), Christiaan Welgemoed (diskus en hammergooi), Juanic Alberts (spies), Sarah Botha (verspring), Elne Conradie (800m), Bianca de Swart (stap), Jonique Erasmus (verspring), Marianca Feldtmann (hammergooi en gewigstoot), Abigail Figland (driesprong), Zani Fourie (hoogspring en driesprong), Danelle Human (100m), Ingelin Jordaan (stap), Anri Kamfer (spies), Andrea Kommer (verspring en driesprong), Ladele Leonard (hammergooi), Lereen Mostert (200m en hoogspring), Liandre Schoeman (hammergooi), Carmel Treurnicht (Driesprong), Marizaan van der Mescht (1500m) en Courtney Williams (driesprong). Baie geluk

HARTLOOP ATLETIEKBYEENKOMS

Die jaarlikse Hartloop Atletiekbyeenkoms is op Woensdag, 8 Februarie 2017 in Oudtshoorn gehou.  Hierdie atletiek interskole bestaan uit die volgende skole:

L    Langenhoven Gimnasium
O   Outeniqua 
O   Oudtshoorn
P    Punt

Our athletes did very well and received the following medals:
16 x Gold
32 x Silver
21 x Bronze

Ons atlete het ook 7 nuwe rekords aangeteken.

HSP se sangspan was puik en het tot op die laaste minuut hul ding gedoen.
Thank you to our cheerleaders - you were excellent! 

MOSSELBAAI STREEKSBYEENKOMS

Die Mosselbaai Hoërskole Streekskampioenskappe het op Saterdag, 11 Februarie 2017, plaasgevind.

Punt Atletiek se atlete het puik gevaar deur 42 keer inskrywings in die byeenkoms se rekordboeke te laat maak :

Christiaan Welgemoed (S14 Diskus & Hamergooi), 
Andrea Kommer (D17 Verspring & Driesprong),
Abigail Figland (D15 Driesprong),
Aronne Erasmus (S14 300m Hekkies), 
Jay-Dee van Reenen (S15 100m Hekkies en 300m Hekkies),
Rowan Jaftha (S17 400m Hekkies), 
Divan Oosthuizen (S14 3000m), 
Christopher Conradie (S19 400m Hekkies en Diskus), 
Girard September (S14 Verspring),
Leandri van der Linde (D14 Gewigstoot), 
Jan-Harm Steenkamp (S19 Hamergooi), 
Tertia Volschenk (D14 90m Hekkies),
Zani Fourie (D17 100m Hekkies en Hoogspring), 
Joshua Hermanus (S17 110m Hekkies), 
Sherno Pick (S19 Verspring, Driesprong en Hoogspring), 
Elne Conradie (D15 800m en 1500m), 
Sarah Botha (D14 Verspring), 
Marizaan van der Mescht (D17 1500m),
Lereen Mostert (D14 Hoogspring), 
Josua Bernardo (S15 Spiesgooi), 
Jonique Erasmus (D15 Verspring),
Lodewyk le Grange (S14 Driesprong),
Eldi Willemse (D14 Hamergooi), 
Michael Frost (S17 Diskus), 
Danelle Human (D17 100m & 400m), 
Juanic Alberts (D17 Spiesgooi), 
Ingelin Kuhn (D14 5000m Stap),
Bianca de Swardt (D17 5000m Stap), 
Marianca Feldtmann (D19 Hamergooi),
Ladele Leonard (D17 Hamergooi)
Wian Auret (S14 5000m Stap).

Sterkte aan al ons atlete wat die naweek aan die SWD Kampioenskappe in Oudtshoorn deelneem.

Foto: Sherno Pick

 

 

HARTLOOP ATLETIEKBYEENKOMS

 

Punt Atletiek het ‘n goeie Interskole teen HS Outeniqua, HS Oudtshoorn en Langenhoven Gim beleef.

Punt het die dag in ‘n stewige 2de plek geeindig. Baie geluk aan elke atleet wat aan die dag deelgeneem het.

Ons is trots op ons 16 Goue-, 32 Silwer- en 21 Brons medaljes.

Ons goue medalje wenners was:

Andrea Kommer (D17 Driesprong),  Marizaan van der Mescht (D17 1500m - nuwe rekord), Andrea Kommer (D17 Verspring),  Abigail  Figland (D15 Driesprong),  Sherno Pick (S19 Hoogspring - nuwe rekord),   Austin Brown (S19 Verspring),  Sherno Pick (S19 Driesprong - nuwe rekord), Joshua Hermanus (S17 110m Hekkies - nuwe rekord), Brintley Theys (S17 200m), Christiaan Welgemoed (S14 Hamergooi), Michael Frost (S17 Diskus), Victor Barnard (S17 400m), Girard September (S14 100m Hekkies), Marianca Feldtmann (D19 Hamergooi - nuwe rekord), Marianca Feldtmann (D19 Gewigstoot), & Marianca Feldtmann (D19 Diskus).

Marianca Feldtmann het ‘n toekenning ontvang vir die beste prestasie deur ‘n O/19 Dogter.

 

 

 

HTS DROSTDY ATLETIEKBYEENKOMS 2017

Ons atlete het die hitte van Worcester gebruik as laaste voorbereiding vir die HARTLOOP-interskole wat op Woensdag, 8 Februarie 2017, in Oudtshoorn plaasvind, en vir volgende naweek se SWD-kampioenskappe.

Ons atlete het hard gewerk om, op ‘n grasbaan, meer as 25 persoonlike beste prestasies te behaal. Baie geluk aan die atlete wat gedeel het in die 15 goue-, 11 silwer- en 8 brons medaljes.

Goue medaljes
Juanic Alberts - D17 Spiesgooi
Danelle Human D17 100m
Danelle Human D17 200m
Andrea Kommer D17 Verspring
Elne Conradie D15 800m
Lereen Mostert D14 200m
Elne Conradie D15 1500m
Lereen Mostert D14 Hoogspring
Austin Brown S19 100m
Sherno Pick S19 Hoogspring
Christiaan Welgemoed S14 Diskus
Ruben Job S15 1500m
Jay-Dee van Reenen S15 300m Hekkies
Johnathan Tubb S15 Hoogspring
Andrea Kommer D19 Driesprong

Silwer
Menaldi Myburgh D15 Diskus
Lereen Mostert D14 Verspring
Sarah Botha D14 Hoogspring
Renaldo Adams S19 800m
Sherno Pick S19 Driesprong
Jay-Dee van Reenen S15 100m Hekkies
Girard September S14 100m Hekkies
Christiaan Welgemoed S14 Gewigstoot
Divan Oosthuizen S14 Hoogspring
Craig Streuderst S17 800m
Carmel Treurnicht D19 Driesprong

Brons
Lizzy Beck D15 300m Hekkies
Rune Roux D14 Diskus
Austin Brown S19 Verspring
Christopher Conradie S19 Diskus
Aronne Erasmus S14 100m Hekkies
Liam Kannemeyer S15 Verspring
Girard September S14 300m Hekkies
Divan Oosthuizen S14 1500m

FOTO: Danelle Human

 

 

NORMAN HAUZER ATLETIEKBYEENKOMS

 

Ons atlete het op Vrydag 27 Januarie 2017 in Bellville aan die Norman Hauzer byeenkoms deelgeneem en puik prestasies gelewer.  Die bus met atlete en beamptes het baie vroeg Saterdagoggend vanaf die skool vertrek en eers weer teen 00:30 die Sondagoggend in Mosselbaai aangekom.  

Hoerskool Punt spog met 10 GOUE MEDALJES

Elne Conradie teken n rekord in die dogters o15 800m aan  en wen ook n goue medalje vir die 1500m dogters o15. 

Rune Roux  dogters o14 Diskus

Marizaan van der Mescht 1500m  dogters  o17 

Zani Fourie  Hoogspring dogters o17 

Carlene Muller  800m dogters o14 

Sarah Botha  Hoogspring dogters o14 

Sherno Pick  Hoogspring en Driesprong mans o19

Christiaan Welgemoed  Diskus seuns o14 

Baie geluk aan elkeen van ons atlete.  

SAAM MAAK ONS N SPAN

 

 

INTERHUIS ATLETIEKBYEENKOMS

PHS se Interhuis Atletiekbyeenkoms is vanjaar, met Romans Pizza as hoofborg, op Vrydag 20 Januarie aangebied. Daar was goeie deelname en die kompetisie baie sterk.  Daar is 17 rekords op die dag aangeteken.

Die groenspan het die dag oorheers deur met die beker vir gees sowel as algehele wenner van die dag weg te stap.

Junior Victrix Ludorum is Elne Conradie met 1976 punte in 3 items
Junior Victor Ludorum is Christiaan Welgemoed met 1778 punte in 3 items
Senior Victrix Ludorum is Marianca Feldtmann met 2308 punte in 3 items
Senior Victor Ludorum is Joshua Hermanus met 2034 punte in 3 items. 

PUNT ATLETIEK EINDIG PUIK SEISOEN

As daar teruggekyk word na die afgelope seisoen is Punt Atletiek uiters trots op ons atlete se prestasies.

Pearl Claassen, Marianca Feldtmann, Zani Fourie, Danel Gerber, Danielle Human, Ladelé Leonard, Liandré Schoeman, Chené Sonnekus, Carmel Treurnicht, Courtney Williams, Austin Brown, Michael Frost, Joshua Hermanus, Robert Pace, Sherno Pick, Jan-Harm Steenkamp, Craig Streuderst, Brintley Theys, Nico Weber, Danie van Langelaar en Anet Muller het SWD verteenwoordig by die Weskaap Kampioenkappe op die nuwe Groenpunt Stadion.

Daarna is Sherno Pick en Robert Pace Bloemfontein toe om as dele van die Weskaap Span deel te neem by die SA Skole Kampioenskappe. Danel Gerber, Danielle Human, Michael Frost, Sherno Pick, Craig Streuderst en Brintley Theys het ook die ASWD span verteenwoordig by die SA Jeugkampioenskappe.

Verder is Punt Atletiek ook verteenwoordig deur 2 afrigters by die Weskaap Kampioenskappe en 'n afrigter by die SA Skoel en SA Jeug Kampioenskappe.

 

ATLETIEKKLINIEK - 29/08/2015

Dankie aan al die atlete en afrigters wat ons eerste atletiekkliniek bygewoon het. Ek glo almal het die dag geniet en het baie geleer by die afrigters.

40m Challenge

Baie geluk aan Heimerich Loots (S15), Andrea Kommer (D14), Sameer Matthews (S17), Juanic Alberts (D15) en Regardt Morkel-Brink (S15) wat vanjaar se 40m Challenge gewen het. Baie dankie aan De Jagers, Get Active Sport, SKIN Skoonheidsalon en Bayside Pizzeria wat pryse vir die atlete geborg het.

LANDLOOP vs JAN VAN RIEBEECK - 31/07/2015

Baie geluk aan al ons atlete wat teen Jan van Riebeeck deelgeneem het. Ons atlete het goed gevaar deur 12 van die 1ste 15 plekke te neem.

VOLG ONS OP FACEBOOK - FOLLOW US ON FACEBOOK

https://www.facebook.com/PuntAtletiek