Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

PUNT-NETBAL WEN BRONS OP SA SKOLE NETBALKAMPIOENSKAPPE

Hoerskool Punt se o/17-netbalspan het op Donderdag, 3 Augustus 2017,  na Boksburg vertrek vir die Nasionale Netbalkampioenskappe. Die toernooi, waar die beste netbalspanne uit verskeie hoerskole regoor die land en in hulle onderskeie ouderdomsgroepe deelneem, is altyd n uitdaging en hoogtepunt vir enige span wat daarvoor kwalifiseer.  Punt se o/17-span speel in hulle poel teen die volgende skole. (Punt se tellings 1ste)

 vs Nelspruit 20-3

 vs Klerksdorp 20-8

 vs Sentraal (Bloem) 22-6

 vs Garsfontein 19-10

 Die tellings is egter effens misleidend en weerspieel glad nie hoe taai die kompetisie was nie. Punt eindig eerste in hulle poel en speel uit teen Stellenberg en wen naelskraap met n telling van 14-12. Volgende moet Punt uitspeel teen Potchefstroom Gimnasium om te kyk wie gaan uitspeel vir 1 & 2. Dit was n bitter taai stryd tot op die einde. Punt  kon ongelukkig nie die agterstand inhaal nie en verloor net-net 12-15.

 Gelukkig is dit die einde den  niet. Punt se volgende wedstryd is teen Waterkloof om te bepaal wie 3de of 4de in die kompetisie eindig. Punt was op n stadium 5 doele agter, maar hulle wys karakter en fokus om die agterstand in te haal. Die halftydtelling is 9-8 in Waterkloof se guns. Punt wys senuwees van staal en die veggees van n trop wolwe. Hulle veg tot op die laaste sekonde en wen die wedstryd naelskraap, maar met groot blydskap en verligting met n telling van 17-16. Punt se o/17 span eindig 3de uit 21 o/17- spanne.

 Baie geluk aan hierdie dogters met hierdie uitsonderlike prestasie.

Agter vlnr:  Anja Schwim, Zani Fourie, Elrize Moolman, Me. Elna Nel (afrigter), Winona Huisamen en Sanchia-Lee Barnardo

Voor:  Charlene Johnson, Juanic Alberts en Tarryn Burger.

 

2017 WES-KAAP O/19 NETBAL-FEDERASIESPAN: AMBER MINNIES

Amber Minnies is in die 2017 o/19 Wes-Kaap Netbal-federasiespan ingesluit.

WES-KAAP TOPSKOLE NETBALTOERNOOI 2017

Punt se o/17-netbalspan het die afgelope naweek aan die Wes-Kaap Topskole Netbaltoernooi in Hermanus deelgeneem.

Hulle speel die volgende wedstryde:
Punt wen Brackenfell 19-3
Punt wen Girls High 13-10
Punt wen Bloemhof 21-7

Hulle dring dus nou deur na die Nasionale Kampioenskappe wat vanaf 4 - 6 Augustus 2017 in Boksburg sal plaasvind.

Foto
Agter vlnr:  Anja Schwim, Charlene Johnson, Tarryn Burger, Winona Huisamen, Zani Fourie
Voor vlnr:  Sanchia-Lee Barnardo, Juanic Alberts, Elrize Moolman

2017 WES-KAAP SPELERS

Op 13 Mei 2017 het Winona Huisamen en Elrize Moolman aan die 0/16 Wes-Kaap proewe in Kuilsrivier deelgeneem. Uit 80 netbalspeelsters is 32 dogters gekies om Wes-Kaap in die Winter games en All Ages toernooi te verteenwoordig.

Winona Huisamen is in die span, wat gedurende die Junie-vakansie aan die Winter Games gaan deelneem, ingesluit.

Elrize Moolman is gekies om die Wes-Kaap (o/16) tydens die All Ages toernooi te verteenwoordig.

Op 20 Mei 2017 vind die Wes-Kaap proewe vir die ander ouderdomsgroepe plaas en Hoerskool Punt lewer nog 4 Wes-Wes-Kaap netbalspelers...
o/14 - Chante Marais
o/15 - Lize-May Niemann & Tasha-Marie Joubert 
o/17 - Sanchia-Lee Barnardo

Punt lewer dus 6 Wes-Kaap spelers vir die 2017 seisoen.

Foto vlnr:
Agter:  Winona Huisamen
3de ry:  Lize-May Niemann en Sanchia-Lee Barnardo
2e ry:    Elrize Moolman
Voor:    Tasha-Marie Joubert en Chante Marais

 

2017 EDEN-NETBALSPANNE

PUNT-NETBAL: Baie geluk aan die volgende Punt-spelers wat in die onderskeie Eden-spanne ingesluit is.:
Lee-Shen Muller o/14
Kaydia Steenkamp o/14
Charlene Johnson o/16
Tarryn Burger o/17
Die Eden-spanne sal vanaf 21-22 Julie 2017 aan die Wes-Kaap Inter-Distrikte toernooi deelneem.
Baie geluk dogters!!

 

2017 SWD SPELERS

By die o/16s, is Winona Huisamen gekies om Eden die komende naweek, in Kuilsrivier, by die Wes-Kaap o/16 proewe vir die Winter Games, te verteenwoordig.  Die Winter Games vind tydens die Julie-vakansie plaas.  Die o/16 SWD-groep sal na die komende naweek bekendgemaak word.

Die volgende spelers is in hul onderskeie ouderdomsgroepe gekies om die SWD by die Wes-Kaap proewe (Riversdal 19 en 20 Mei 2017) te verteenwoordig:

o/17  Sanchia-Lee Barnardo, Tarryn Burger, Anja Schwim

o/15  Carmel Treurnicht, Lize-May Niemann, Tasha-Marie Joubert

o/14  Kaydia Steenkamp, Chante Marais.

Foto: 

Agter vlnr:  Winona Huisamen, Anja Schwim, Sanchia-Lee Barnardo, Chante Marais

Voor vlnr:  Tasha-Marie Joubert, Lize-May Niemann, Carmel Treurnicht, Tarryn Burger, Kaydia Steenkamp.

 

 

PUNT O/18A- NETBALSPAN: APRIL 2017

 

NETBAL APRIL 2017

HSP se  o/18A-netbalspan het tydens die afgelope skoolvakansie aan die volgende toernooie deelgeneem, en puik uitslae opgelewer:

ARTHUR JOHNSON SPORTWEEK : 31/3/2017 TOT 5/4/2017:

Punt wen in finaal teen Hangklip (43-22) en eindig as die wenners van die AJ Sportweek se netbal.  

TOP SKOLE NETBALTOERNOOI VIR O/18-SPANNE (7 - 12 APRIL 2017) IS IN GEORGE AANGEBIED:
Dag 1: 
Punt 31-13 Hoerskool Oudtshoorn
Punt 32-10 Hoerskool Jeugland
Punt 22-26 Hoerskool Jim Fouche

Dag 2:
Punt 18-28 Hoerskool Eldoraign
Punt 23-9 Hoerskool DF Malan
Punt18- 23 Vereeniging Gimnasium

Dag 3:.
Punt18-28 Afrikaans Hoerskool
Punt 21-10 Hoerskool Noordheuwel

Finale dag:
Punt 20 - 15 Hoerskool Grens

Ons eindig 5de in toernooi na baie goeie netbal. 

Hoerskool Punt word ook aangewys as die span wat die meeste vordering tydens die toernooi getoon het.  Voorwaar ‘n puik prestasie tydens n toernooi met baie sterk kompetisie.

Foto aangeheg:Agter vlnr:  Winona Huisamen, Me. E. Net (afrigter), Anja Schwim, Zani Fourie
Middel:  Charlene Johnson, Juanic Alberts, Elrize Moolman, Sanchia-Lee Barnardo
Voor:  Tarryn Burger

 

 

 

2017 Loerie-netbaltoernooi

Ons 1ste Netbalspan het die naweek n heerlike verassing gekry toe n beplande "spanbou naweek" tot hul groot verbasing eintlik n beplande toernooi was.   Die Loerie-toernooi is deur Wittedrift aangebied.

Die meisies het briljante netbal gespeel en die volgende "soete" oorwinnings behaal:
Punt wen 23-0 teen Knysna, 9-8 teen Outeniqua, 16-6 teen Langenhoven Gimnasium, 23-3 teen Wittedrift en 8-0 teen Langenhoven.

Baie geluk aan ons spelers en afrigters!! 

OEFENTYE 2017

 

NETBAL:  OEFENTYE VIR 2017 

o/14 A en o/14 B   

Afrigter:    Juf. Vd Berg

Dinsdae en Donderdae:    14:30 - 16:00

Plek:    Stadion

o/14 C en o/16 (res) 

Afrigter:     Juf. Schoeman

Dinsdae en Donderdae:  14:30 - 15:30

Plek:     Skool tennisbane

o/16 B en o/16 C 

Afrigter:    Juf. Cilliers

Dinsdae en Donderdae:     14:30 - 15:45 

Plek:     Skool  tennisbane  

o/18 B en o/18 C 

Afrigter:    Juf. Hansen

Dinsdae en Donderdae:    14:30 - 16:00

Plek:    Skool tennisbane

o/17 A en o/17 B      

Afrigter:    Juf. Koen

Dinsdae en Donderdae:   14:30 - 16:00

Plek:    Stadion  

 

o/19A Netbal 2017

Ons 1ste Netbalspan het die naweek n heerlike verassing gekry toe n beplande "spanbou" naweek eintlik n beplande toernooi was. Die meisies het briljante netbal gespeel en die volgende "soete" oorwinnings gehad:
Ons wen 23-0 teen Knysna, 9-8 teen Outeniqua, 16-6 teen Langenhoven Gimnasium, 23-3 teen Wittedrift en 8-0 teen Langenhoven.
Baie geluk aan ons spelers en afrigters!! Proudly Punt dames!

 

NETBAL PRESTEER BY SA KAMPIOENSKAPPE 2016

Hoerskool Punt se O/16 A Netbalspan het die afgelope week die Weskaap verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Netbalskampioenskappe.

Die dogters het hulle 1ste wedstryd 11-11 gelykop gespeel teen Waterkloof. Daarna het hulle puik netbal gespeel en oorwinnings teen Framesby (20-4), Upington (19-11), Durbanville (14-13) en Paarl Gim (13-11) het hulle deurgesien na die Semi-Finale. Hier het hulle weer vir Waterkloof getrek. Net soos in hulle eerste wedstryd het die wedstryd ook gelykop geeindig. Na ekstra tyd en sudden death het Waterkloof die wedstryd 19-18 gewen.

WEDSTRYDE / MATCHES 2016

WEDSTRYDE - MATCHES

Chantť gekies as een van top speelsters in SA

CHANTE  HOFFELDT:

Die leerder het ‘n besondere Netbal prestasie behaal. Sy is opgeneem in die Wes-Kaap O/17 span. Hierdie span wen die Nasionale toernooi gewen. Sy word gekies in ‘n groep van 10 speelsters wat as die top speelsters in Suid-Afrika aangewys is.

SWD Spelers 2015

v.l.n.r.  Agter:

Zani Fourie, Rozande Williams, Amber Minnies, Chante Hoffeldt, Christeline Boshoff, Winona Huishamen, Nicole de Koker   

Voor:

Sanchia-Lee Barnardo, Tarryn Burger, Jody Frans, Elzette Hattingh, Juanic Alberts

Afwesig:  Loumari Muller

HoŽrskool Punt : Wes-Kaap Netbal 2015

Op 22 en 23 Mei 2015 het 13 van HS Punt se dogters aan die Wes-Kaap netbalproewe in Kuilsrivier deelgeneem.

Baie geluk aan die volgende 4 dogters wat in die Wes-Kaap netbalspanne opgeneem is:

O/14                Winona Huishamen

O/15                Tarryn Burger

                        Sachia-Lee Barnardo

O/17                Chante Hoffeldt

 

 

FOTO:

v.l.n.r.             Chante Hoffeldt, Tarryn Burger, Sanchia-Lee Barnardo, Winona Huishamen