Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

2016 / 2017 Nedbank / WKOD Opstelkompetisie

Nebank en die WKOD werk saam om n Ekonomie opstelkompetisie vir Hoerskoolleerders aan te bied. Die onderwerp vir die 2016/2017-kompetisie is "Die oorsake, gevolge en oplossing vir klimaatsverandering".

Die graad 11 Ekonomie-leerders het in 2016 reeds die taak voltooi. Loumari Muller (Hoofdogter) is genooi om op 25 Maart 2017 aan die finale rondte in Kaapstad deel te neem. Sy is een van slegs 25 leerders wat genooi is.

Tydens die finale rondte, in Kaapstad, stel sy Punt nie teleur nie.  Loumari verower die tweede plek en wen n kontantbedrag van R8000 sowel as n beurs.  Baie geluk Loumari

 

TWEE LEERDERS van PUNT HOERSKOOL presteer goed in Ekonomie

Douw Steyn en Roxy Walmsley het op 12 Maart in Kaapstad deelgeneem aan die finale rondte van die Nedbank opstel kompetisie.  Hulle moes vir hierdie rondte n "power point" aanbieding doen voor n paneel waartydens hulle dan ook vrae gevra is oor hul opstel en ander ekonomiese sake.  Hierdie twee leerders het onder die eerste 12 geeindig wat beteken dat hulle elkeen n beurs van ongeveer R77 000 losgeslaan het vir hulle studies volgende jaar.  

Baie geluk