Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

SÍr 2016

SÍr 2016

SÊR

Punt se sêrgroep (Kleure Blou) is ‘n acapella-groep wat hoofsaaklik fokus op ligte en moderne 

popmusiek asook gewyde liedere.

Ons tree op by verskeie geleenthede van die skool soos bv. WearArt en die Starganza.  

Ons sing ook gereeld by die verskillende gemeentes in Mosselbaai.

 In 2015 het ons ‘n heerlike oefenkamp gehad by Heroldsbaai.  Almal het dit baie geniet!

 Ons beplan weer hierdie jaar ‘n kamp.

Kom sluit aan by hierdie uitsoekgroep – ons wil graag die groep uitbrei.  

Maandae en Woensdae 15:30-16:30.

Kontakpersone: Mnr C Rossouw, mnr. L van Niekerk en mev A Hefer

2017 SER-GROEP

HSP se 2017 Ser-groep, onder leiding van Mnr. Chris Rossouw, het Saterdagaand, 26 Augustus 2017,  tydens die Eisteddfod se gala-aand in die Diaz Museum opgetree.  Hulle het 95% tydens die Eisteddfod gekry.
Foto aangeheg:
vlnr:  Sthembiso Dhlamini, Anke van Niekerk, Eileen Swanepoel, Monique Coetzer, Douwleen Conradie, Anabelle Boer, Terena Botha, Junique Rhode, Abbie Rhode, Sheldon Whites, Schaine Meyer.
Voor:  Mnr. Chris Rossouw