Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

Spesiale omsendskrywe 12 Augustus 2016

Spesiale omsendskrywe 12 Augustus 2016

Belangrike omsendskrywes aan ouers 2017

Leerders verlof om gym by OXIGYM September 2017

Huis Pepler omsendskrywe November 2015

Dis ons voorreg om Huis Pepler se heel eerste omsendskrywe aan u bekend te stel. Ons beoog om elke kwartaal een die lig te laat sien met nuus oor die jongste gebeure en belangrike inligting vir ouers en leerders. Laai dit gerus af en maak seker u bly op hoogte van die nuuste gebeure hier by ons.

Omsendskrywe 01.2015

Huis Pepler omsendskrywe Maart 2016

Laai gerus die nuutste omsendskrywe af vir meer inligting oor die koshuis en al die gebeure.

Omsendskrywe 01.2016

Huis Pepler omsendskrywe - Junie 2016

Laai gerus ons omsendskrywe vir kwartaal 2 af en lees meer oor wat ons in Huis Pepler doen!

Omsendskrywe 02.2016

Huis Pepler omsendskrywe - November 2016

Omsendskrywe 03.2016

Huis Pepler Omsendskrywe: September 2017

Nuusbrief September 2017

SWD (EDEN) HOKKIE

Huis Pepler is baie trots op Carlene Muller wat in die SWD (Eden) o/14-hokkiespan ingesluit is. 

 

Huis Pepler: Top 10 kandidate vir Kwartaal 1

Die volgende leerders is almal deel van die TOP 10 presteerders in die koshuis vir die eerste kwartaal. Baie geluk aan elkeen en hou aan hard werk!

Top 10 kandidate vir kwartaal 1

HUIS PEPLER: Top 10 kandidate vir kwartaal 2

Weereens baie geluk aan elkeen van Huis Pepler se inwoners wat hard gewerk het die afgelope kwartaal om puik resultate te kon behaal. Ons is baie trots op julle!

Top 10 kandidate vir kwartaal 2

HUIS PEPLER: Top 10 kandidate vir kwartaal 3

Top 10 kandidate vir kwartaal 3

Huis Pepler: Top 10 kandidate vir Kwartaal 1 (2017)

Baie geluk aan elkeen van ons leerders in die koshuis wat hard gewerk het in die eerste kwartaal om so pragtig kon presteer!

 

Huis Pepler TOP 10: Kandidate (kwartaal 1)

Huis Pepler TOP 10 vir kwartaal 3 (2017)

Huis Pepler ontspan heerlike voor groot atletiek

Die inwoners van Huis Pepler het heerlik ontspan op die vooraand van die interhuis atletiek met DODGEBALL en heerlike burgers deur Mnr Botha gebraai. Vir meeste van ons is die term DODGEBALL maar vreemd en het dit gesorg vir vet pret tussen die inwoners. Selfs die onnies het probeer maar die manne het hul op die neus laat kyk. Besoek ons foto blad vir nog fotos.

Ons is baie opgewonde oor 2017! Die koshuis het regtig gegroei en ons nooi elkeen wat wonder wat hier by ons uit om kontak te maak. Huis Pepler is werklik die huis weg van jou eie. Maak gerus kontak met ons by huispepler@gmail.com.

Groete

Nuwe PEPPIES verwelkom

Dis vir ons heerlik om Huis Peppie se nuwe BABATJIES vir 2017 te verwelkom. Hul was na die besige week nog slag gereed om voor die kamera te verskyn. Ons is baie opgewonde oor die nuwelinge en hoop jul sal die tyd hier by ons geniet. Onthou ons is jou huis weg van jou eie!

Baie geluk aan ons nuwe leiers vir 2017

Dis met trots wat ons Huis Pepler se nuwe leiers vir 2017 aankondig! Baie geluk aan elkeen en ons glo en vertrou dat julle die werk wat jul opgelê word tot die beste van jul vermoëns sal doen!

Agter: Heinrich Kruger (hoofseun), Shaun Prins

Voor: Jeanette Arendse, Loumari Muller (hoofdogter), Wynonia Oosthuizen, Tania Linde

Koshuisgelde vir 2017

Ons koshuisgelde is verlede Woensdagaand soos volg vir 2017 vasgestel:

 

1. Losies beloop R 3750.00 per leerder per kwartaal of R 15 000 vir die jaar.

2. Indien u wil aansoek doen vir WKOD subsidie moet daar R 1700 deposito betaal word saam met die
     voltooide subsidievorm.

 

Alle inligting en dokumentasie kan onder vorms en dokumentasie verkry word en afgelaai word.

Groete

Mnr Rudolf Botha

Koshuisbrakke bemagtig hulself

Die koshuisinwoners het danksy Tiger Kai klub op Mosselbaai bietjie geleer hoe om hulself te beskerm in noodsituasies. Dit was vet pret en het gesorg vir lekker seer maagspiere!

Dankie Tiger Kai! Besoek hul gerus vir great diens

www.tigerkai.co.za of facebook


Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Koshuisbrakke leer hulself verdedig

Splinternuwe inligtingsbrosjure

Ons stel ons splinternuwe inligtingsbrosjure bekend! Hier by Huis Pepler glo ons aan gelukkige kinders en daarom probeer ons elke dag nuwe idees om dit vir die kind so huislik en lekker as moontlik te maak.

Versprei dit asb na jou vriende en familie! Kom ons maak die koshuis een waarop Mosselbaai en PUNT Hoërskool kan trots wees!


Voorblad

Agterblad

Huis Pepler se matrieks hou afskeid

Hoërskool PUNT het onlangs afskeid gehou vir hulle matrieks en soos in die verlede het die matrieks nie teleurgestel met hul voorkoms. Ons is ook baie trots op ons koshuisbrakkies wat daar was. Julle het pragtig gelyk!

Baie dankie Mnr Steve D'Elboux wat die foto verskaf het! Kontak hom gerus vir puik diens en ongelooflike fotos!

www.pixbysteve.co.za of skakel hom by 083 2777 237

 

Huis Pepler spog met jong rugby talent

Shaun van der Merwe Graad 9 leerder in Huis Pepler is onlangs verkies tot die SWD 0/16 Grant Khomo span as heelagter. Shaun ons almal is trots op jou en hoop jy gaan sommer baie drieë druk die vakansie op die toernooi.

Huis Pepler Groete

Ons hoofmeisie dans haarself in die WP span

Ons koshuis hoofmeisie Errin-Mari Els het onlangs gaan deelneem aan die Wes-Kaap Hip-Hop dans kompetisie onder leiding van Bianca Fourie van Rensburg en haar dansskool. Hul het 2de plek behaal en Errin is ook opgeneem in die WP span wat gedurende die vakansie in Johannesburg sal gaan deelneem.

Baie geluk Erinn TROTS op jou!

Liandre Schoeman wen groot...

Liandre Schoeman (Graad 9) het verlede week Hoërskool Punt se Winter atletiek aand gewen deur die meeste punte van al die altlete by mekaar te maak. Hiervoor het Liandre R500 gewen!

Liandre is nie net 'n sterk sportvrou nie, maar sy presteer net so mooi in haar skoolwerk. Geluk Liandre Huis Peppie is trots op jou!

 

Michelle Muller 0/17 dames golf kampioen

Michelle het die afgelope naweek deelgeneem as lid van Hoërskool Punt se golfspan aan die SWD skole finaal. Ongelukkig kon PUNT slegs n derde posisie behaal, maar Michelle was op die dag die NETTO en BRUTO wenner vir haar kategorie.

Michelle is aangewys as die SWD dames 0/17 wenner! Baie baie geluk aan haar! Dis heerlik vir ons as Huis Peppie se inwoners so mooi presteer.

Seuns sing gehoor stil by Points got talent

Sommige van die manne in Huis Pepler het einde verlede kwartaal deelgeneem aan Points got talent en die gehoor stom geslaan met hul goeie vertoning!

 

Kliek op die volgende link en gaan kyk bietjie!

https://www.youtube.com/watch?v=zi5W6zqtdYY

 

Huis Pepler

Groete

 

Corita Louw nuwe leier

Corita Louw,

Graad 8 inwoner van Huis Pepler is verlede week verkies tot die Estetiese Komitee van die skool. Hierdie komitee is verantwoordelik vir die verfraaiing van die skool en leerders dien ook op die VRL van die skool.

Baie baie geluk Corita ons is trots op jou!!!

 

Jong skaak speler van koshuis in Mosselbaai span

Altus Lourens Graad 9 leerder aan Huis Pepler is die afgelope week verkies tot die Mosselbaai Streekspan vir skaak.

Baie geluk Altus en ons hoop jy speel draaie om die ander manne by die SWD proewe

Huis Pepler

 

Huis Pepler se skoonhede

Huis Pepler spog hierdie jaar met van die mooiste meisies in Hoërskool PUNT. Ons wil graag vir Amanda Khumalo geluk wens wat vroeg in Februarie 2016 aangewys is as Miss Junior Princess of the World 1ste prinses by die glans geleentheid in Johannesburg.

Mijancke Steyn was ook tydens Hoërskool se jaarlikse Vlotvaart op 19 Februarie 2016 aangewys as Mej Santos.

Ons hier by Huis Pepler is trots op elkeen se prestasies!

Baie geluk


Amanda Khumalo - 1ste Prinses by Miss Junior Princess of the World 2016

Mijancke Steyn as Mej Santos 2016

Seuns steel meisies se harte...

Die seuns van Huis Pepler het op die vooraand van Valentynsdag die dogters in die koshuis se voete onder hulle uitgeslaan en 'n pragtige liefdes lied gesing. Elke dogter is ook verras met n roos en pragtige kaartjie.

 

Dankie manne ons is trots op julle!

Baie geluk aan Mnr Nollie Muller

Ons wil graag vir Mnr Nollie Muller baie gelukwens met sy verkiessing as voorsitter van Huis Pepler se koshuis komitee vir 2016. Mev Talita Louw is ook as nuut gekose lid op die komitee ingehuldig. Ons sien baie uit na die nuwe jaar en al sy uitdagings. Met die span ouers kan ons nog baie vermag.

Huis Pepler

Groete

Huis Peppie speel "Touchies"

Op die vooraand van ons skool se interhuis atletiek het Huis Pepler se inwoners hul eie kompetisie gehou. Ons het wors gebraai, gesing en heerlik gelag vir al die aksie op die rugbyveld. Die meisie het beindruk en die manne het die onderwysers span sommer n rugby les geleer.

Die wen span by die meisies was Wynonia Oosthuizen (Gr11), Jeanette Arendse (Gr10), Meagan Arendse (Gr10) en Annuskha Oerson (Gr10). By die manne het Aljon Plato (Gr9), Martley Bayman (Gr9), Will Gelant (Gr8) en Michell Vister (Gr8) met die titel weggestap.

Dankie aan almal wat deel uitgemaak het van die aand! Julle almal is "awesome"