Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

Entrepreneurskap

Entrepreneurskap

Liane Jansen

Die Entrepreneursklub is `n nuwe klub wat verlede jaar by die skool  begin het. Ons is baie opgewonde oor die klub en ons wil graag die leerlinge aanmoeding om te kom aansluit.

Hoe werk die sessies en wanneer vind dit plaas?

  • Maandae tydens tweede pouse gaan alle belangstellendes na Juffrou Jansen se klaskamer (56) om die week se program te bespreek. Leerlinge ontvang dan ook `n lys van benodigdhede wat hul die Woensdag moet saambring.
  • Die werksessies vind danWoensdae middae vanaf 14.20 tot 16.20 in die Verbruikersklas plaas.
  • Elke projek wat ons aanpak strek oor twee weke . Een middag is te min om die aktiwiteit te voltooi, want soms is daar gom , verf of sement wat eers moet droog word voordat ons die produk kan voltooi.
  • Soms is daar sekere items wat ek gratis gaan soek by maatskappye soos bv. stukke afval hout of glas. Dit word dan aan die leerlinge uitgedeel.
  • Tydens hierdie sessies word leerlinge sekere vaardighede geleer sodat hul dit tuis kan gaan oefen.
  • Inligting wat leerlinge nodig het om `n tuisbedryf te begin word ook aan hul deurgegee.

Beplande werksessies vir kwartaal 1:

4 -11 Februarie

Geskenke vir Valentynsdag

Produk en verpakking

 

18-25 Februarie

"Knoop -en doop"( Tie dye) van klere en materiaal.

Asook ander kleurtegnieke

 

6-13 Maart

Mosaïek

Maak van nuwe items

Hoe om ou gebruiksartikels weer nuut te maak met mosaïek.

 

20-27 Maart

Vleg van armbande & kralewerk/ Kleurwas van fotorame (Vintage)

 

 

 

Entrepreneurskap