Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

GREENERGY KOMITEE 2018

 

Beleef u wereld groen  / Live your life green

Om ons planeet te beskerm,  moet ons leer om GROEN te wees,  is ons boodskap.

Die klub beplan verskeie projekte soos:

  • Maak ons vierkante groener

  • Oprigting van herwinningstasies

  • Leerders aanmoedig om papier te spaar

  • Uitstappies

  • Projekte wat fokus op onder meer afvalbestuur en energiebesparing

     

    N wyse man het eens gese:  Ons erf nie die aarde by ons voorvaders nie, ons leen dit by ons nageslag. 

     

    Greenegy komitee:

    vlnr:  Altus Lourens, Marizaan van der Mescht, Bea Wilson, Zanri Otto, Bianca de Swardt, Monica Robertson en Suzanne Hugo.

 

 

AARDEDAG 2017; BOOMPLANT

AARDEDAG 2017

AARDEDAG 2017: Baie dankie aan Me. Jo-Ann Victor van Mosselbaai Mall vir die skenking van 5 Melkhoutbome aan HSP. Die bome is verskaf en geplant deur Mnr. Kenneth Tyler van Leani Kwekery.
Foto vlnr: Bea Wilson, Charles Marais, Me. Jo-Ann Victor (Mosselbaai Mall), Mnr. K. Bester (Skoolhoof), Kenneth Tyler (Leani Kwekery), Mnr I. van Zyl (PHS Geboue en Terrein), Wynonia Oosthuizen en Shaun Prins.
Die leerders is Bestuurslede van HSP se Greenergy Klub.

 

OPRUIMING BY SANTOS STRAND

HSP se Greenergy klub het op 29 Maart 2017, gewapen met swartsakke en handskoene, op Santos gaan vuilgoed optel.  Die span het die taak met opgewondenheid aangepak, en sommer vinnig die strand skoongemaak.  Point Greenergy thank you for caring for our environment.

GREENERGY 2017

Die Greenergy klub het hierdie jaar fluks weggespring en voortgeploeg op die projekte wat reeds verlede jaar begin is.

Ons tuintjie wat ons verlede jaar aanmekaar gesit het lyk nog steeds baie mooi!

Die projek om gereeld papier  (minstens een keer per week) te herwin, is baie suksesvol danksy die harde werk van al die lede.

Die volgende projek is "strand skoonmaak"! Op 29 Maart 2017 besoek die klub Santos en De Bakke en volgende kwartaal kom Kleinbrak aan die beurt.

Die 2017-bestuur wat die leisels neem is: Charles Marais (onder voorsitter), Bea Wilson (addisionele lid), Winonia Oosthuizen (sekretaresse) en Shaun Prins (voorsitter).

 

 

Blommetuin Kwartaal 3 2016

Plante vir Laerskool Erika

Die leerlinge het hierdie blommetuin gemaak wat later in Laerskool Erika gevestig gaan word.

Greenergy 2016

Greenergy

Op 16 Maart het die meeste PHS visse geglimlag omdat die einde van die kwartaal in sig was. Die lede van die omgewingsklub, genaamd Greenergy, het egter ekstra breed geglimlag. Ons het ‘n uistappie na die kwekery naby die hawe gehad – Coastal Plants kwekery.

Nadat ons allerhande heerlike eetgoed bestel het by die koffiewinkeltjie, het oom Des ons begin vertel oor sy groot passie – plante. Hy het ons vertel hoe God vir ons in Genesis 1:29 inlig oor hoe Hy vir ons plante gee en hoe ons dit moet gebruik. Hy het ons vertel van groot hedendaagse kwessies soos lugbesoedeling en die kweekhuiseffek, maar ook van genetiese manupulasie. Ons het ook geleer van die spekboom wat darem ‘nligpunt is om ons koolstofvoetspoor kleiner te maak. Hy het ons gewys dat hy probeer om inheemse plante te bevorder deur soveel moontlik daarvan aan te hou.

Ons sê baie dankie aan oom Des en juf. de Lange wat ons die geleentheid gebied het om soveel meer te leer. Ons moet ook noem dat die koffiewinkel se sjokoladekoek fantasties is.

 

Agter: Links na regs:   Jana du Toit; Alisha Meintjies; Mev Mev M de Lange;  Wynonia Oosthuizen; Oom Des; Neil Ellis; Sumarie Faul

Voor: Shaun Prins;  Loumarie Muller

Beleef u wreld groen / Live your life Green

  Beleef u wêreld groen /  Live your life Green”

  Dit is wat die slagspreuk vir 2016 sal wees!

  Om ons planeet te beskerm moet ons leer om "groen" te wees, is ons   boodskap.

  Die klub beplan verskeie projekte soos:

 

  Om ons planeet te beskerm moet ons leer om "groen" te wees, is ons   boodskap 

         

·         maak ons vierkante groener

 

·         oprigting van herwinningstasies

 

·         leerders aanmoedig om papier te spaar ( ons dink aan ons bome)

 

·         uitstappies

 

·          projekte wat fokus op onder meer afvalbestuur  en energiebesparing


 

'n Wyse man het eens gesê ons erf nie die aarde by ons voorvaders nie, ons leen dit en mettertyd 'n lewenswyse en dit kan baie tot die bewaring van ons planeet bydra

 

 

 

 

 

 

BEACH CLEAN UP

by Jo-Ann Cloete
On Wednesday 17 April 2013, the Point High School green club, known as Greenergy, embarked on its first mission.  It turned out to be an extremely eventful afternoon despite mild showers.

The aim of the outing was to clean up and tidy Diaz Beach.  The 18 eager learners, under guidance of Mr Q. D'Elboux, made light work of the fair amount of rubbish.  Common articles that landed in the black bag inventories were glass bottles and fishing equipment.  It was sad to see non-biodegradable waste polluting one of our country's most popular beaches.

Nearing the end of the outing, the club found a distressed, oil-covered African Penguin in the shallow waters, close to Diaz Mouth.  The club delivered the penguin to the Sea Rescue to be taken care of.  That discovery ended the outing on a high note and set the tone of the rest of the planned activities.

Greenergy plant Spekbome

Die Greenergy klub van Hoërskool Punt het Spekbome op die skoolterein geplant. Spekbome is een van die plantsoorte wat die meeste CO2 uit die atmosfeer absorbeer en is dus 'n baie effektiew teenwerker van besoedeling.