Kontak Besonderhede


Faks: 044 691 3179
Tel: 044 691 2247
Sel: 082 563 1747
Epos: hspunt@mweb.co.za
Web: www.pointhighschool.co.za
HOËRSKOOL PUNT
POINT HIGH SCHOOL

VALENTYNSSOKKIE 2017

Dis Februarie... die maand van liefde!

Deur Jané van Zyl

Hoërskool Punt het vanjaar weer in die liefdevolle atmosfeer floreer. Die leerders het met civvies skool toe gekom. Pouse is die terrein in pienk, wit en rooi getooi. Die luidsprekers is buitentoe geskuif en opgewekte musiek het vir 'n ontspanne, vakansie-atmosfeer gesorg. Die piekniek was eie aan Valenteinsdag: red velvet cup cakes, sjokolade en hartjievormige soetkoekies was van die gewildste versnapperinge.

Die hoogtepunt van die Valentynsfeesvieringe was die sokkie. Na skool is almal haastig huis toe om te gaan hare was en blaas en krul. Teen namiddag moes vriendinne bymerkaarkom vir operasie-grimering en natuurlik 'n photo shoot van die eindproduk.

Die deure het sesuur oopgemaak en tot  half sewe het opgetofde mademoiselles en aantreklike monsiours gewag vir hulle metgeselle wat "met liefde van Parys" af sou kom.

Die sokkie het afgeskop en die sprokiesaand het begin. Na die eerste paar danse moes daar eers foto's geneem word, voordat die hare heeltemal verinneweer is.

Die voorportaal is in 'n Franse teetuin omskep, kompleet met wit stoele, 'n rooi tafeldoek en 'n professionele fotograaf! Daar is geposeer, soentjies geblaas, rose vasgebyt en gesigte vir die kamera getrek.

Die aand was 'n luisterryke geleentheid en di eperfekte einde vir 'n sprokiesagtige dag. Dis net daardie voetseer wat almal stewig op die aarde geanker gehou het...